TOC

This article has been localized into Afrikaans by the community.

Om te begin:

Inleiding

Welkom by hierdie C# handleiding. Met die inleiding van die .NET raamwerk, het Mircosoft 'n nuwe taal genoem C# (uitgespreek C Sharp) ingesluit. C# is ontwerp om 'n eenvoudige, moderne, algemeen toepaslike, objekgeoriënteerde taal te wees, wat sleutel konsepte leen by 'n paar ander tale, waarvan die merkwaardigste Java is.

C# kan teoreties kompileer word na masjien kode, maar in werklike lewe, word dit altyd gebruik in kombinasie met die .NET raamwerk. Daarom het applikasies wat in C# geskryf is nodig om die .NET raamwerk geinstalleer te he op die rekenaar waarop die applikasie hardloop. Terwyl die .NET raamwerk dit moontlik maak om 'n wye verskeidenheid tale te gebruik, word C# soms verwys na as DIE .NET taal. Miskien omdat dit saam met die raamwerk ontwikkel is.

C# is 'n Objekgeoriënteerde taal en laat nie globale veranderlikes of funksies toe nie. Alles is omhuls in klasse, selfs eenvoudige tipes soos int en string, what erf van die System.Object klas.

In die volgende hoofstukke, sal jy gelei word deur die mees belangrikste onderwerpe van C#.