TOC

This article has been localized into Afrikaans by the community.

Om te begin:

Visual Studio Gemeenskap

Visual Studio is die professionele "IDE" (geintegreede ontwikkelings omgewing) wat die eerste keuse is van baie .NET ontwikkelaars. Dit is deur Microsoft vrygestel wat ook die .NET raamwerk ontwikkel het, sowel as die C# programmerings taal. So alles pas mooi bymekaar. Histories was VS (kort vir Visual Studio) duur om te koop, maar gelukkig het Microsoft oor die laaste paar jare 'n weergawe vrygestel wat verniet beskikbaar is.

Voorheen het hierdie verniet weergawe in aparte weetgawes gekom afhangende die omgewing, b.v. "Visual C# Express", "Visual Web Developer", ens. Now is die naam bloot "Visual Studio Community" en soos die "Express" weergawes, is dit 'n ligte weergawe van die profesonele weergawe van "Visual Studio". Dit beteeken dat van die bevorderde funksies nie beskikbaar is nie, maar daars niks om oor bekommerd te wees nie, die weergawe is ten volle gebruikbaar, dis net die baie hoegraad goed wat nie beskikbaar is nie, en dis meer as genoeg om te gebruik om C# te leer.

Laai Visual Studio Gemeenskap af.

Om aan die gang te kom, laai Visual Studio Community af van visualstudio.com. Hier is 'n direkte skakel na die aflaai bladsy:

https://www.visualstudio.com/downloads/

As jy klaar die program afgelaai en geinstaleer het, is jy reg om voort te gaan met die volgende artikel in die reeks waar jy jou eerste C# program sal skryf.

Gebruik nie Windows nie?

Niks om oor bekommerd te wees, daar is 'n macOS weergawe beskikbaar, volg net die skakel bo en maak seker dat jy die Visual Studio Community for macOS aflaai en instaleer.