TOC

This article has been localized into Afrikaans by the community.

Om te begin:

Hello Wereld, verduideliking

In die voorige hoofstuk het ons, in ons eerste C# program, probeer om text na die skerm te skryf. Ons het, sonder verduideliking, twee lyne code bygevoeg. Hierdie hoofstuk beoog om die twee lyne in die voorige hoofstuk te verduidelik. Soos jy kan sien is daar van die lyne in die voorbeeld wat soos mekaar lyk. Ons gaan die lyne deur gaan in groepe om te verduidelik. Kom ons begin met die kortste lyn in die kode: " { " en " } " of krul hakkies. In C# dui hulle die begin en einde van 'n stuk kode. krul hakkies word in verskye programmerings taale gebruik (C++, Java, JaveScript, ens...). Soos jy kan sien in die kode word hulle gebruik om verskye lyne kode wat saam behoort bymekaar te hou. Dit sal baie meer helder word, soos ons met die voorbeelde aangaan, hoe hulle gebruik word.

Kom ons begin heel voor

using System;
using System.Collections.Generic;
using System.Linq;
using System.Text;
using System.Threading.Tasks;

using is 'n sleutel woord, wat in die VS omgewing met blou gehoogmerk word. Die "Using" sleutel woord maak 'n klasgroepering beskikbaar vir gebruik in jou program. 'n klasgroepering is 'n groepering van verskye klasse wat logies bymekaar pas. Klasse stel voorafgeskrewe funksinalityd vry vir ons om te gebruik, en as mens met 'n bevoordigde "IDE", soos "Visual Studio" werk, sal dit automaties stukies kode skep. In die geval het dit vir ons 'n nuwe klas geskep en ook 5 klasgroeperings ingevoer wat baie voorafgeskryfte klasse beskikbaar gemaak wat ons kan gebruik. Byvoorbeeld ons kan now die "Console" klas gebruik wat deel vorm van die "System" klasgroepering.

n die voorbeeld het die "console" klas die klas System.Linq klasgroepering ook bygevoeg. In hierdie voorbeeld maak ons nie gebruik van die System.Linq klasgroepering so om die kode suiwer te hou kan ons hierdie lyn verwyder. Op die stadium maak dit nie rerig 'n verskil nie, ons kan die lyn verwyder of ons kan hom in los, dit gaan nie 'n groot virskil maak nie.

Soos jy kan sien, kry ons, ons eie klasgroepering:

namespace ConsoleApp1

Die klasgroepering ConsoleApp1 is nou die hoof klasgroepering vir die program, en enige nuwe klase wat geskep word sal deel word van die ConsoleApp1 klasgroepering. Natuurlik kan jy dit verander as jy wil, en klase in 'n verskillende klasgroepering skep. In daai geval sal dit nodig wees om die nuwe klasgroepering met die "using" sleutel woord intevoer, soos met enige ander klasgroepering.

Volgende, moet ons ons klas defineer. Aangesien C# 'n voledige Objekgeoriënteerde taal is, elke lyn kode wat iets uitvoer, word as deel van 'n klas geskep. In die geval word die klas bloot "program" genoem

class Program

Ons kan meer as een klas he in 'n program, selfs in dieselvde leer. Vir nou gaan ons net van een klas gebruik maak. 'n Klas kan verskye veranderlikes behou, sowel as eienskappe en metodes. Ons sal later hiedie konsepte verder ondersoek. Vir nou al wat jy hoef te weet is ons huidige klas bestaan uit net een metode, niks verder. So word dit geskep:

static void Main(string[] args)

Die lyn is warskynlik die mooilikste om te verduidlik in hierdie voorbeeld, kom ons breek hom op. Die eerste word static. Die "static" sleutelword se vir ons dat hierdie metode moet beskikbaar wees sonder om die klas fiesie te skep. Ons sal later verder hieroor uitbrui, in die hoofstuk oor klasse.

Die volgende sleutelword is void, hierdie sleutelwoord se vir ons wat moet die metode terrugvoer. Byvoorbeeld dit kan 'n nomer, 'n text, of enige ander tipe terrugvoer, maar in die geval moet niks terruggevoer word (C# maak gebruik van die sleutelwoord void om die konsep van niks uittedruk).

Die volgende woord is Main, hierdie is bloot die naam van ons metode. Hierdie metode is die so-genaamde begin punt van ons program, dit wil se, die eerste stuk kode wat gaan uitgevoer word, en in ons voorbeeld is dit ook die enigste kode wat uitgevoer sal word.

Na die metode name, word argument(e) tussen hakkies gelys. In ons voorbeeld, het ons metode net een argument met die naam args. Die argument tipe is string (text), of om presies te wees 'n versameling van "strings" of text, ons sal later hieroor verder verduidelik. As mens mooi dink, maak dit sin, aangesien die meeste "Windows" programme kan met optionele argumente geroep word. Die argumente sal na ons Main metode aangedra word.

En daar het ons dit, jy behoort noe 'n basies verstand van jou eerste C# program te he sowel as die konsep van hoe 'n console program werk.